Die doel van die Calvinistiese Alliansie is om Bybels-gefundeerde leiding te gee binne volksverband en om Christelike Calvinistiese beginsels konsekwent toe te pas op alle lewensterreine. Ons wil gelowiges help om nie net reg te glo nie, maar ook reg te leef.
Die Calvinistiese Alliansie is nie net ’n organisasie nie, maar ’n beweging – ’n liggaam wat wil beweeg, dien en bou. Ons glo dat ware reformasie begin by gehoorsame gelowiges wat hul hoop stel op die Here alleen:
“Ons hulp kom van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.” – Psalm 121
Ons nooi jou uit om saam met ons te staan, te bou en te getuig – tot eer van God alleen.
Hoe ons dit doen
Ons bereik ons doel deur: – Die aktiewe mobilisering van beginselvaste Calviniste – Die stigting van plaaslike aksiekomitees en netwerke – Die beïnvloeding van denke deur woord, geskrif en gesprek – Samewerking met kerke en organisasies wat dieselfde grondslag deel
Ons fokus is kwaliteit, toewyding en haalbare doelwitte – nie bloot getalle nie.