Skip to content

Geloofgrondslag

Die Vyf Sola’s van die Reformasie

Die Calvinistiese Alliansie staan vas op die vyf sola’s van die Christelike Protestantse geloof, wat die kern van die Reformatoriese boodskap verwoord:

Sola Scriptura (Die Skrif alleen)
Die Bybel is die hoogste en finale gesag in alle sake van geloof en lewe. Alle leer, praktyk en besluite word aan die Woord van God gemeet.

Sola Fide (Deur geloof alleen)
Die mens word geregverdig voor God alleen deur geloof, nie deur werke of menslike verdienste nie.

Sola Gratia (Uit genade alleen)
Verlossing is ’n gawe van God se genade alleen. Dit is onverdiend en spruit uitsluitlik uit God se welbehae.

Solus Christus (Christus alleen)
Jesus Christus is die enigste Middelaar tussen God en mens. Ons heil, hoop en lewe is volkome in Hom gesetel.

Soli Deo Gloria (Aan God alleen die eer)
Alle dinge – geloof, lewe, arbeid en kultuur – is tot eer van God alleen. Hy staan sentraal in alles wat ons doen.